Welkom. Soos nuwe gesprekke opgelaai word sal hulle outomaties hier propageer. Neem kennis dat die gesprekke nie net op Spotify beskikbaar is nie maar ook op YouTube, Apple, ensomeer. Dankie vir die besoek.
Sluit aan vir 'n insiggewende gesprek met Prof. Alta van der Merwe, 'n vooraanstaande kenner in Inligtingstegnologie. Alta is aan die voorpunt van innovasie en tegnologie. In hierdie episode gesels ons oor die impak van Kunsmatige Intelligensie en Ki Agente. Ontdek hoe haar werk help om die toekoms van besigheid en tegnologie te vorm.
Carel de Jager is 'n Blokkettingingenieur en tegnoloog met 'n passie om ingenieursprobleme in openbare blokkettings op te los. Hy verdeel sy tyd tussen sagteware-ontwikkeling, opleiding en die leiding van blokkettingnavorsing by die WNNR. Daarbenewens bestuur hy verskeie newe-projekte en lei hy spanne hoogs bekwame ingenieurs en ontwikkelaars.Links:https://careldejager.comhttps://www.silversixpence.io/https://idatco.co/Hashtags:#podcast #ai #artificialintelligence #blockchain #technologist #bitcoin #robotics #roboticsystems #afrikaans
Jacques Erasmus is 'n bekroonde radio en TV omroeper, aanbieder en produksiespesialis. Ons gesels oor sy liefde vir sport, mense en die lewe.Hoofstukke01:13 Vele talente04:37 Hoekom is rolbal so populêr?08:10 Gebruik hulle nie te min tegnologie in rugby nie?13:06 Moet nie met my begin met die Amerikaners nie. (Die NFL kwessie!)14:18 Die F1 situasie.26:24 'n Kar met 'n siel.34:40 Die 1964 Ford Anglia…54:25 Toe praat ons oor die begin van die internet in Suid Afrika en radio.
AJ Opperman is 'n bekroonde kuns- en vermaakjoernalis.Hoofstukke00:00 Groet04:49 Gepraat van dik paspoorte, waar was jy al?06:29 8 uur was daar nog nie lewe by daai plek nie.08:30 Spoed maak 'n verskil.11:15 Stellenbosch en die skrywers.13:40 Olive Schreiner16:10 Daar is iets te sê oor landskap24:33 Cradock Suid / Jeffreysbaai31:14 Maar name!36:39 Jy het 'n goeie geheue.43:33 Ter wille van bewaring.50:50 2020. Net 'n "gewone" besoek.58:32 Riaan Cruywagen en nuus.01:04:15 Daai groot slag by die Oscars.01:07:57 'n Vraag oor groot projekte…01:15:49 Daar was mos 'n fliek…
Ruhann Steyn is 'n ruimtefisikus, navorser én dosent. Boonop het hy 'n fantastiese aanlyn teenwoordigheid op sosiale media, waar hy oor die ruimte gesels en mense daagliks op hoogte hou van die gebeure in die hemelruim.Skakels van belang:Sterretoe se FACEBOOK blad.https://www.facebook.com/sterretoeSterretoe met Doktor Duhann Steynhttps://sterretoe.co.za/NASAhttps://www.nasa.gov/NASA vuurpyl vuurherthttps://plus.nasa.gov/video/nasa-rocket-engine-fireplace/Parker Solar Probehttps://science.nasa.gov/mission/parker-solar-probe/